SEARCH
June 2022 M T W T F S S « Apr 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 Categories
Comments/Kommentare
- Lindie on Koninkie in ons tuin
- Diana on Resensie: Lyfsange
- Marlise Joubert on Poems/Translations 2
- Charl-Pierre Naude on Poems/Translations 2
- Sunet on Home
Other websites
Archive/Argief
Tag Archives: Marlise Joubert kortverhaal
Die uitstappie
Die uitstappie
-Marlise Joubert-
Sy het haar voosgewaste japonnetjie stywer om die lyf getrek en my genooi om te sit. Sy was te moeg om koffie te maak en ek moes self inspring.
“Dat ek nog lewend in hierdie lewe is, my kind, kan ek net die Here daarvoor dank,” sê sy toe ek met die skinkbord uit […]
Onder ‘n moerbeiboom
Onder ʼn moerbeiboom
-Marlise Joubert-
Só is dit dan!
Hier staan ek. In die tou van die werkloses. ʼn Lang tou wat lui om die kantoorhoeke afslang na die sykant van die landdroshof – die afgedanktes, die pakkettiele, die geraktes.
Ek staan ingedruk tussen ʼn onbekende bruin vrou voor my en ʼn man agter my. Leun teen die kalkwit […]
Die gekneusde ster
Die gekneusde ster
-Marlise Joubert-
Skuins oorkant my het die groot vrou op haar wit bed gelê.
Die gordyne was oopgetrek en ek kon haar gesig nou beter sien. Effens opgehewe, haar oë toe. Ek het gewonder of sy nog slaap of miskien net sommer lê, steeds half weggesink onder […]
Op die Waagplein
Op die Waagplein
– Marlise Joubert –
Ek het lanklaas iets van jou gehoor.
My man het melding gemaak, net terloops, van jou e-posbrief – reeds maande terug – wat die troue van jou seun, Balt, in die klein stad Kampen langs die Ijselmeer, beskryf het. Hy sou die brief vir my wys, maar soos dikwels het hy […]
Die vierde wedren
Die vierde wedren
– Marlise Joubert –
Ek het die helmet vir Pa aangegee.
Voordat hy dit sou opsit, het hy sy kop laat sak, gebid soos altyd: “Omgord my met U krag vir die stryd. Laat my teenstanders onder my buk. Amen.” Toe gee ek die handskoene ook vir hom.
Dit was die gewone ritueel.
Igor het langs my […]