2012
PJ Olivier Kunssentrum/Art Centre Stellenbosch: Marlise Joubert - Watergrepe ‘n Solo uitstalling met 47 werke het plaasgevind vanaf 17 April – 24 April, 2012.
Kyk foto’s hier van die openingsaand vir Watergrepe/ See pictures here of Watergrepe.
2009
ABSA KKNK
Marlise Joubert – Wat die water onthou. ‘n Solo-uitstalling met 40 akwarelle het plaasgevind tydens die KKNK op Oudtshoorn vanaf die 4 tot 11 April 2009 in die Prince Vincent Gebou.
Kyk hier na meer foto’s van die KKNK uitstalling/more pictures here!
2008
|
MARLISE JOUBERT – Wat die water onthou. Breytenbach Sentrum. Wellington. 2 –30 Oktober 2008 |
Marlise: “Die skilderye gaan oor alles moontlik ‘wat die water onthou’ en aan my oordra. Ek skilder stillewes, naakstudies, landskappe, portretstudies, geboue, sonars van babas, ens. Trouens, enigiets wat my op daardie kreatiewe moment inspireer of meevoer. Ek eksperimenteer ook graag met verskillende waterverftegnieke. Om waterverf te beheer is egter veel moeiliker as olieverf of akriel, en juis daarom is dit so ’n uitdagende en verrassende medium vir my.”
Foto’s van die Openingsaand van kunsuitstalling op die 2de Oktober 2008
Photos of the Exhibition at the Breytenbach Sentrum, Wellington


















