SEARCH
June 2022 M T W T F S S « Apr 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 Categories
Comments/Kommentare
- Lindie on Koninkie in ons tuin
- Diana on Resensie: Lyfsange
- Marlise Joubert on Poems/Translations 2
- Charl-Pierre Naude on Poems/Translations 2
- Sunet on Home
Other websites
Archive/Argief
Author Archives: Marlise Joubert
Resensie: bladspieël (Marlise Joubert). Resensent: Tom Gouws.
bladspieël
marlise joubert
Human & Rousseau
Resensent: Tom Gouws (Die Burger & Beeld, Aug. 2015)
omslag
Op 17 Desember vanjaar word Marlise Joubert 70. Met die verloop van jare het hierdie veelsydige kunstenaar ‘n beduidende bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gemaak – veral as digter, maar ook as romansier, radiodramaturg, rubriekskrywer, vertaler van kinderboeke en ‘n jeugroman, samesteller van ‘n […]
Om oor George te praat
Om oor George te praat
[Voorstudie vir ‘n radiodrama]
deur
Marlise Joubert
KARAKTERS: 4
Marlise Ouer vrou. Voltydse skrywer en skilder. Middeljare verby. Melankoliese stem. Passievol, meelewend.Soms onseker.
Louis Ouer man. Digter en boekwinkelbestuurder. In sy midddeljare. Selfversekerd, humoristies, maar ook ernstig. Romantikus. Soms onseker en emosioneel.
Kelnerin Jonk. Eiewys. Effens ongeduldig.
Ontvangsdame Volwasse. Jonk.
NOTA: Die toon van hierdie kort radiodrama […]
Openingstoespraak by Kunstentoonstelling: Watergrepe
OPENINGSTOESPRAAK deur Louis Esterhuizen:
Watergrepe (Marlise Joubert), 17 April 2012
PJ Olivier Kunssentrum, Stellenbosch
In sy memoir The Invention of Solitude verwys die bekende Amerikaanse skrywer Paul Auster na ʼn skildery as synde “the collapse of time into images”. Hierdie siening kan natuurlik net so op die liriese digkuns van toepassing gemaak word, want teenoor die roman, waar […]
Sokkies van dwergies
Sokkies van dwergies
-Marlise Joubert-
Sneeuwitjie en haar sewe dwergies is nie meer die oulike storie waarna jy grootoog geluister het as kind nie.
Nee. Deesdae spring sneeuwitjie met lang vlymskerp tande en stoute wurmagtige dwergies sommer eensklaps uit jou rekenaar en saai totale verwoesting.
En dié virus tref my toe ook! “Today, Snowhite was turning 18. The 7 […]
Die uitstappie
Die uitstappie
-Marlise Joubert-
Sy het haar voosgewaste japonnetjie stywer om die lyf getrek en my genooi om te sit. Sy was te moeg om koffie te maak en ek moes self inspring.
“Dat ek nog lewend in hierdie lewe is, my kind, kan ek net die Here daarvoor dank,” sê sy toe ek met die skinkbord uit […]
Op die oewer tussen riet
Op die oewer tussen riet
-Marlise Joubert-
Vir bykans ‘n jaar lank het ek beweeg tussen die jillende monde van laerskoolkinders.
Hulle hande soos mossies of meeue. Miskien eerder windpompe wat verwoed draai, selfs al is daar geen sweem van wind of storm nie. Hulle lyfies soos blitsige skibote bo die waterspiëeling van klipvloergange. Iedere dag, behalwe nou […]
Die kinkel in die kolon
Die kinkel in die kolon
-Marlise Joubert-
Die kolon is beslis nou nie ’n deel van ons anatomie wat ‘n digter sommer sal gaande maak nie! Maar toe ek na ’n sonarfoto kyk van my eie kolonoskopie, en die ligpienk voue sien wat al hoe sagter wegdraai in ’n geheimskunnige tonnel in, het ek so byna liries […]
Tussen stokroei en Pims weer tuis
Tussen stokroei en Pims weer tuis
-Marlise Joubert-
Dis begin-somer. En niks kan my of die somer stuit nie.
Met voosgetrapte leersandale bevind ek my na ‘n reis deur vele stede van die Lae Lande, skielik op ‘n rivier in die middel van Oxford, daardie ou Engelse stad propvol oker klip-kolleges, uitgebeitelde toringkies, dawerende klokke en kore in […]
Onder ‘n moerbeiboom
Onder ʼn moerbeiboom
-Marlise Joubert-
Só is dit dan!
Hier staan ek. In die tou van die werkloses. ʼn Lang tou wat lui om die kantoorhoeke afslang na die sykant van die landdroshof – die afgedanktes, die pakkettiele, die geraktes.
Ek staan ingedruk tussen ʼn onbekende bruin vrou voor my en ʼn man agter my. Leun teen die kalkwit […]