Biography/Biografie

Biografie / biography:

Marlise Joubert is gebore in Elim naby Levubu. Sy voltooi haar skoolloopbaan op Warmbad [Bela Bela] in die Waterberge en verwerf ʼn BA (Bibl.) en honneursgraad in Filosofie aan die Universiteit van Pretoria. Sy word bibliotekaresse by verskeie instansies. Sy werk ook as joernalis vir ‘n tyd lank. In 1971 debuteer sy met die digbundel ʼn Boot in die woestyn. Daarna volg nog digbundels waarvan splintervlerk  [2011] genomineer word vir die SALA Poësieprys in 2012. In 2015 ontvang sy die Cordis Trust Orde van die Goue Pen vir buitengewone bydrae tot die bevordering van Afrikaans. Sy is die redakteur van ‘in a burning sea’ – Contemporary Afrikaans Poetry in Translation, wat by Protea Boekhuis in 2014 verskyn. Haar agste digbundel bladspieël verskyn in 2015 by Human & Rousseau en word genomineer vir die Elisabeth Eybers Poësieprys, asook die ATKV Woordveertjie vir Poësie. In 2017 word een van haar talle kortverhale opgeneem in die versamelbundel Kleure van die Liefde wat by H&R verskyn. Haar volgende bundel grondwater verskyn in 2019 by Protea Boekhuis en word bekroon met SALA Poësieprys in 2020, asook die ATKV Poësieprys in 2020. Die digbundel, disteltyd, verskyn in 2021. Haar elfde bundel laatnageilande, verskyn in 2023 by Naledi.

groterLAATNAGEILANDE_Voorblad_300dpi_RGB-1

Laatnageilande is ‘n nuwe versameling gedigte is die bekroonde digter Marlise Joubert se elfde digbundel. Met hierdie gedigte bestendig Joubert haar reputasie as gerespekteerde digter, maar eweso as ’n belangrike bydraer tot “laatpoësie” – soos wat letterkundiges die subgenre van gedigte deur ’n ouer persoon beskryf. Ofskoon temas van veroudering sedert Joubert se veel bekroonde bundel, grondwater (2019), al hoe meer na vore dring, kom daar met die nuwe versameling ook heelwat ánder kwessies ter sprake. Sedert haar debuut in 1971 het Joubert haar gevestig as een van die vernaamste vrouedigters in Afrikaans. Sy is veral bekend vir haar sensuele, beeldende aanslag en huiwer nie om ongemaklike kwessies rondom vrouwees en die uitdagings wat haar in die gesig staar, aan te spreek nie; altyd eerlik, onverskrokke selfs, maar ten alle tye liries en ontroerend. In laatnageilande bou Joubert voort op hierdie temas met gedigte oor die vrou as argetipiese aardsmoeder, naas aangrypende persoonlike verse oor die vrou as huweliksmaat, moeder en ouma te midde van ’n bedreigende sosio-politieke realiteit. Ofskoon bekende temas uit haar vorige bundels weer in hierdie nuwe digbundel voorkom, is dit egter die ironiese en humoristiese wyse waarop Joubert byvoorbeeld die veroudering in haar nuwe gedigte betrek, wat laatnageilande ’n besonderse leeservaring maak. So ook die groot aantal liefdesverse en gedigte oor haar kinders, kleinkinders en troeteldiere. ’n Verdere hoogtepunt in die bundel is ook die aantal gedigte oor die digkuns self deur ’n digter wat haar tans in die volle krag van haar vakmanskap bevind.

Soos dit die geval is met haar vorige bundels sal hierdie nuwe gedigte die leser lank bybly.

In Nov. 2021 word haar radiodrama Onder die appelliefiebos as finalis gekies en word dit uitgesaai. Nadat sy 16 jaar lank by die kunsbiblioteek vir die Departement Beeldende Kunste by Universteit van Stellenbosch gewerk het, word sy ’n algemene assistent vir vyf jaar lank by Protea Boekwinkel op Stellenbosch. Sy is getroud met die digter Louis Esterhuizen {lees sy biografie & gedigte} en hulle woon op Stellenbosch. Hulle was albei betrokke by die organisering van Versindaba, ‘n poësiefees wat elke jaar plaasgevind het vir Afrikaanse digters. Marlise was die webmeester van die webblad Versindaba vir tien jaar lank. Vanaf 2020 het dr Marlies Taljard dit oorgeneem. Marlise het heelwat vertalings van kinderboeke gedoen vir Jacana. Sy skilder en skryf tans voltyds.

Onderhoude: ‘n Onderhoud wat Amanda Lourens met Joubert oor splintervlerk kan hier gelees word. Met Gisela Ullyatt voer sy ook ‘n onderhoud oor haar bundel, bladspieël. ‘n Resensie oor hierdie bundel is hier te lees. In 2019 tot 2023 verskyn  resensies en onderhoude oor grondwater, disteltyd en laatnageilande, o.a.:

Grondwater – Resensie deur Marlies Taljard: Versindaba, 2019 

Die onderhoud is hier te lees: Onderhoud oor Grondwater met Gisela Ullyatt. Maart, 2019

Onderhoud op Litnet: Grondwater, 2019

Grondwater – Resensie deur Nini Bennett. Litnet. 2020

disteltyd – Resensie deur Stefan van Zyl. Versindaba, 2021

disteltyd – Resensie deur Mariuis Crous. Rapport, 2021

disteltyd – Resensie deur Johan Myburg. Die Burger, 2021

disteltyd – Resensie deur Nini Bennett. LitNet, Mei 2021

laatnageilande – Resensie deur Nini Bennett. Versindaba 2023

laatnageilande – Onderhoud op LitNet deur Nini Bennett, 2023

laatnageilande – Onderhoud met Murray la Vita. Die Burger, 2023

laatnageilande – Onderhoud met Marlies Taljard op Versindaba, 2023

laatnageilande – Resensie deur Neil Cochrane. Netwerk 24, 2023

*

disteltyd. Marlise Joubert

Met haar bundel, disteltyd, neem die digter Marlise Joubert bestek op haar lewe; die verouderingsproses met gepaardgaande fisieke aftakeling en verlies, maar ook besinning oor familie, eie kinderjare en die onlangse inperking, beurtkrag en geweld. Dit is gedigte met ’n sterk poëtiese en visuele inslag en word gekenmerk deur ’n introspektiewe, selfs nostalgiese, toonaard. Soos die distel as onkruid ’n saadpluim lewer wat lig, dartelend en lieflik is, is hierdie gedigte ook. Disteltyd is ’n bundel wat weens die geskakeerdheid daarvan ’n belangrike bydrae lewer tot die steeds groeiende korpus van laatwerke; gedigte wat meestal ontroer weens die menslikheid en humor daarin verwoord, maar terselfdertyd ook die leser konfronteer met die maatskaplike onregte kenmerkend van ons tyd.

Onderhoud op LitNet

*

Biography:

Marlise Joubert is a fulltime painter as well as a well-known Afrikaans writer. She mainly does watercolor paintings. To paint in different mediums has been a passion she has exploited for many years and once took part in a exhibition at Stellenbosch in the nineties. It is only now that she can devote herself full time to this art form: “Water colour is a continuation of my poetry which has always been very visual and stating who I really am. I find it satisfying to create a scene or idea in soft or bright watercolours, to make the white of the paper an integral part of the atmosphere and to explore all the techniques available to the artist in this medium. Hopefully this medium will also find prominence locally as it already has overseas.”

Marlise has studied in Librarianship and Philosophy at the University of Pretoria. She worked for 16 years at the department of Fine Arts at the US in the library and for another 5 years at the Protea Book Shop in Stellenbosch where she lives. Her publications include 9 volumes of poetry and 3 novels. She was the editor of four volumes of poetry containing work of all the poets participating in the yearly Versindaba poetry festivals in Stellenbosch. In 2014 Protea Book House published an anthology of Afrikaans poems in translation, ‘in a burning sea’ with Joubert as the editor of this collection. She translated some poems of Yhuda Amichai into Afrikaans. Four of her radio dramas won prizes with the RSG/Sanlam radio competition. Her 7th volume of poetry, splintervlerk, has been published [2011] by Protea Book House and was nominated for die SALA Poetry Prize in 2012. In 2015 she received the Cordis Trust Orde van die Goue Pen for her contribution to the promotion and furtherance of Afrikaans. In 2015 her volume of poetry bladspieël was published by Human & Rousseau. A review of this book can be read here. The volume was also nominated for the Elisabeth Eybers Poetry Award. Her volume of poetry, grondwater, was published in 2019 by Protea Bookhouse and won the SALA Poetry Prize in 2020, as well as the ATKV Poetry prize. The volume of poetry disteltyd was published in 2021.Read the interview of this book here on Versindaba. Another interview can be read here on LitNet. Her 11th volume of poems, laatnageilande, was published in 2023.

groterLAATNAGEILANDE_Voorblad_300dpi_RGB-1

Marlise is married to the poet, Louis Esterhuizen and they live and work in Stellenbosch, South Africa. She was the webmaster of  Versindaba, a collective poetry web for Afrikaans poetry for ten years. The new webmaster of Versindaba is Marlies Taljard, since 2020.

Toekennings/Awards:

2001: Sanlam/RSG radio drama competition for Beginners (first prize)
2002: Sanlam/RSG radio drama competition (third prize)
2003: Sanlam/ RSG radio drama competition (second prize)
2005: Sanlam/ RSG radio drama competition (third prize)

*

0Z1A2572

Marlise Joubert (Foto deur Pierre J Olivier, 2018)

20221108_170127

(2023 Foto: Louis Esterhuizen)