SEARCH
Categories
Comments/Kommentare
- Diana on Resensie: Lyfsange
- Marlise Joubert on Poems/Translations 2
- Charl-Pierre Naude on Poems/Translations 2
- Sunet on Home
- Alice on Home
Other websites
Archive/Argief
Daily Archives: 3 January 2012
Sokkies van dwergies
Sokkies van dwergies
-Marlise Joubert-
Sneeuwitjie en haar sewe dwergies is nie meer die oulike storie waarna jy grootoog geluister het as kind nie.
Nee. Deesdae spring sneeuwitjie met lang vlymskerp tande en stoute wurmagtige dwergies sommer eensklaps uit jou rekenaar en saai totale verwoesting.
En dié virus tref my toe ook! “Today, Snowhite was turning 18. The 7 […]
Oggendvrug
Oggendvrug
-Marlise Joubert-
Ek het oor sy lyf gestreel. Die tekstuur van sy vel was glad soos die binnevlees van ‘n advokadopeer. Hoe lank sou ek hom hier kon hou? Ek het opgestaan, want ek was skielik verstommend honger.
Dit was vroegoggend. Die son was nog nie op nie. Net die donkergrys van ‘n hemel en die groenvars […]
Die uitstappie
Die uitstappie
-Marlise Joubert-
Sy het haar voosgewaste japonnetjie stywer om die lyf getrek en my genooi om te sit. Sy was te moeg om koffie te maak en ek moes self inspring.
“Dat ek nog lewend in hierdie lewe is, my kind, kan ek net die Here daarvoor dank,” sê sy toe ek met die skinkbord uit […]
Op die oewer tussen riet
Op die oewer tussen riet
-Marlise Joubert-
Vir bykans ‘n jaar lank het ek beweeg tussen die jillende monde van laerskoolkinders.
Hulle hande soos mossies of meeue. Miskien eerder windpompe wat verwoed draai, selfs al is daar geen sweem van wind of storm nie. Hulle lyfies soos blitsige skibote bo die waterspiëeling van klipvloergange. Iedere dag, behalwe nou […]
Die kinkel in die kolon
Die kinkel in die kolon
-Marlise Joubert-
Die kolon is beslis nou nie ’n deel van ons anatomie wat ‘n digter sommer sal gaande maak nie! Maar toe ek na ’n sonarfoto kyk van my eie kolonoskopie, en die ligpienk voue sien wat al hoe sagter wegdraai in ’n geheimskunnige tonnel in, het ek so byna liries […]