Louis Esterhuizen – biography & poems/ biografie en gedigte
Louis Esterhuizen was born in Welkom (Free State). He studied at the the University of the Orange Free Statefrom 1974 to 1978 (BA and HDE). He furthered his studies through UNISA (BA Hons in 1983). A number of his poems have been published on the internet and can be found at the websites of Meander, De Salon, De gekooide roos and LitNet. His poems have also been included in a number of anthologies – for example: Groot Verseboek 2000 (André Brink), Die Afrikaanse poësie in ‘n duisend en enkele gedigte (Gerrit Komrij) and Nuwe Verset (Daniël Hugo, et al). Louis Esterhuizenis also a founder member of the popular Bekgevegte/ Poetry Slams and organizes readings by authors of books at Protea Bookshop. He was Deputy Headmaster for several years at Pretoria Boys High. When he moved to the Cape he became Head of Afrikaans at RondeboschBoysHigh School and Head of Sport at Bridge House School. Louis is since 2001 – 2016 the Manager of Protea Bookshop in Stellenbosch. He then became a freelance writer and editor. He is married to the poet & painter, Marlise Joubert. Louis and Marlise live in Stellenbosch. Together they were the organizers of the Versindaba, since 2005, a yearly festival for Afrikaans poets. The festival has been organised by Woordfees since 2010. Louis is now a regular contributer to the website Versindaba, an Afrikaans website for poetry. His eighth volume of poetry Wat die water onthou was published in 2010 by Protea Boekhuis and was awarded the Protea Poetry Prize in 2011. Recently the volume Die afwesigheid van berge (H&R) was published.
Hobbies: Chess, cricket, music, poetry, travel, books.
Favourite books: The poetry of Herman de Coninck, Paul Snoek, Rutger Kopland and Yehuda Amichai as well as the Eastern European poets, specifically the poetry of Tadeussz Rozewics, Miroslav Holub and Zbigniew Herbert.
Favourite quote: “Poetry is a spot about half-way between where you listen and where you wonder what it was you heard.” (Carl Sandburg)
Louis Esterhuizen studeer in Afrikaans aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy gee onderwys by verskeie skole en word later adjunkhoof van Pretoria Boys’ High School. In 1999 verhuis hy na die Kaap waar hy vakhoof vir Afrikaans by Rondebosch Boys’ High School word. Sedert Junie 2002 tot einde 2016 is hy bestuurder van Protea Boekwinkel op Stellenbosch. Daarna word hy ‘n vryskut taalversorger. Esterhuizen debuteer met die digbundel Stilstuipe (1986), waarna Op die oog af (1988), Die onderwaterweg (1996), Patzers (1997) Opslagsomer (2001), Liefland (2004) en Sloper (2007) volg. Sy agtste digbundel wat die water onthou verskyn in 2010 by Protea Boekhuis en word bekroon met die Protea Poësieprys vir 2011. Die bundel was ook genomineer vir die UJ prys vir Letterkunde en die ATKV Woordveertjie vir Poësie (2011). Louis se webblad vir teksversorging kan hier gesien word: http://www.louisesterhuizen@co.za
Van sy verse is in verskeie bloemlesings opgeneem, te wete Poskaarte, Die Afrikaanse Poësie in ’n 1000 en enkele gedigte, Groot Verseboek, en Nuwe Verset. Hy was een van die stigters van Bekgevegte, ’n verbale “boksgeveg” waartydens twee spanne van drie digters elk teen mekaar meeding aan die hand van temas wat deur die gehoor gegee word. Esterhuizen was die inisieerder van die jaarlikse poësiefees Versindaba, wat nou oorgeneem is deur die US Woordfees. Hy was ‘n stigter en nou ‘n gereelde bydraer van die Versindaba webblad by http://versindaba.co.za
Vertalings/translations:
Nederlandse vertalings van Afrikaanse gedigte
*
Publications by Louis Esterhuizen:
Stilstuipe, H&R, 1986; Op die oog af, H&R, 1988 ; Die Onderwaterweg, H&R, 1996; Patzers, H&R, 1997; Opslagsomer, H&R, 2001 ; Liefland, Protea Boekhuis, 2004; Versindaba 2005, (compiler), Protea Boekhuis, 2005; Sloper, Protea Boekhuis, 2007; wat die water onthou, Protea Boekkhuis, 2010, Die afwesigheid van berge (H&R).
*
Gedigte uit die digbundel Sloper, Protea Boekhuis, 2007
Klein behoud
Wanneer die eerste skrefie dag
haar voor die spieël betrap,
besef jy, uit die hare se kreukels
kam sy die laaste oorblyfsels slaap
(ook die liefde se klam ritme
toe julle ineengelyf die nag
wou trotseer)
en dít is julle verlies, nou –
die wapens in ’n stryd neergelê
wat verloor is namate
die lig haar omhels en jy reeds
na ander geure as die hare
oor jou gesig dryf
wanneer sy vooroor buk om jou
te soen. Weet dan, dié sagte
harnas van asem
bly steeds jou enigste
behoud.
Vishart
Daar’s ’n legende wat beweer:
in die donker kan die hart van ’n vis
soos fosfor gloei.
Eeue reeds weet matrose dit glo,
maak inskripsies daarmee
teen ’n rotswand
of wrak: aanduidings
van uitgediende skatte, versteekte
lewens, net soos jy hier, jare later
aan haar steeds
bly skryf met die hart
van ’n vis.
Begogeling
Toe haar hand toevallig aan joune raak,
het die tyd vir één keer anderpad gekyk.
Half terloops was alles gebalanseer
toe jy jou in haar greep verloor,
want vir één keer
het die tyd anderpad gekyk
toe haar hand toevallig aan joune raak.
In haar greep kon jy jou dus verloor
omdat sy alles so terloops
kon balanseer –
Ja, meteens het jy jou in haar verloor
toe sy alles so sekuur na haar hand kon
skik terwyl die tyd anderpad kyk
en jy in haar jou ewewig
weer vind: Dié keer toe selfs die tyd
mislei is deur ’n hand wat
heel per toeval
joune raak.
Draai na my
Daar sal dae wees
wanneer die wêreld onkant
draai, dae wanneer
die grond hardnekkig tree vir tree
terugstamp en daar geen holte
te vinde is nie, dae wanneer
die son ’n goiingsak is agter miswolke
en alles wanstaltig teenoor mekaar
bly staan, dae wanneer
die gelag van vriende
jou grief, wanneer jy sal voel: niks of
niemand, daar is geen sin
of heenkome nie en jy sal terugtrek
na jou binnekamer en sien
hoe oud jy geword het, hoe verlore
die tye toe jy onbevange jou weg
deur watter gesprek ook al kon vind
en alles vreugde was.
Onthou dan om na my te draai en te sien
hoe dit is: die manier waarop ek
steeds na jou kyk.
Repos Ailleurs
Skuins na drie is dit en jy staan
buite ’n opstal in die Wamakersvallei,
terwyl Wellington iewers
agter die horison in opgedamde lig
verwater. Duskant die hoogte na links
sukkel ’n motor douvoordag reeds
teen Bainskloof se stiltes in, en kyk:
die sterre is rosyne
wat tydsaam by die donker
ingevou word. Nietemin, skuins
na drie is dit, en jy
luister na die volgehoue gedruis
van stromende water
uit al die klowe om ’n afgeleefde huis,
die honde se onsekere geblaf
wanneer die rooi oog van ’n eerste vliegtuig
suidwaarts flikker. Maar jy, steeds droom
jy noord vanuit die wamaker se vallei.
Asof jy Piet Retief is, kompleet
met skaaf en tuig. En waens wat wag.
Ode aan ’n huis
Ook dít sal ons verloor –
die skemerlig van jou vertrekke
saans wanneer die dag greep
vervat en jy geherberg staan
met jou messelwerk van steen
en klip, met jou kapwerk
netjies gegewel teen die hoeke
wat wyd voor ons oop venster
om uitsig te kan hê
op dié wat verbygaan, dit wat
strykdeur verander: die somer
is amper verby, sê ons, die winter
is hier in die ruimtes wat jy is
en dáár die verval
in ’n wêreld sonder dak of muur
en ons skuif
ons begeerte soos meubels
rond, versier die kaal kolle
in ons gesprek
met skildery en ornament,
enigiets om die vermoede
te wek: hier is ons tuis,
teen dié verwisseling is ons
bestand.
Ook óns fondament
lê diep en sterk.
Valkenier
niks is daar meer om te vrees nie
en ook dít sal jou vernietig, soos die spiraal
waarmee die water
jou na onder suig en jy sal
onthou
van die valk wat in die wind greep verloor
en wyer al hoe wyer uitwaaier
met die blou se soomlose
banier
wanneer die valkenier
effens verleë bly staan met niks
in sy hand
om alles mee terug
te lok nie
—————————————
Translations:
Falconer
there’s nothing left for you to fear
that, too, will destroy you, like the vortex
with which the water
sucks you under and you
remember
the hawk that has lost its grip in the wind
fanning out wider, ever wider
in the sky-blue’s seamless
streamer
while the falconer
stands somewhat perplexed, with nothing
in his hand
with which to bring
it all back
(From: Sloper, 2007: Protea Boekhuis)
(Tr. by Charl JF Cilliers)
Elegy For The Fatherland V
Earmarked for love you are,
o, land of our fathers, for love –
so says the morning mist against the slopes,
so says the later sun that stretches widely
from ridge to ridge, the clouds that seamlessly
draw nearer
Earmarked for peace you are,
o, land of our fathers, for peace –
so says the droopy-eyed dreaming lizard,
so says the ridge of stone stretching far
underground, raw material binding shafts
together
Earmarked for joyousness you are,
o, land of our fathers, for joyousness –
so say the mountain streams rushing down slopes,
so say the voices of children
free of care, the laughter as they play there
from house to house
Earmarked for beauty you are,
o, land of our fathers, for beauty –
so say the deepest chorals in your sea,
so say the highest peaks
everywhere, expanses of wild flowers open wide
on the slopes
Earmarked with fear you are,
o, land of our fathers, with fear –
so say the clamourings of fists outside the gates
so say the railings and the walls
in between, the bloodshot eyes that peer
at us
Open-paved in suburbs
of togetherness, where we lie low –
earmarked
for flagging hope
(From: Liefland, 2004: Protea Boekhuis)
(Tr. by Charl JF Cilliers)
*
that a landscape of river bank and river
exists, a moment with trees
ankle-deep across the width of a photo
and mist in water’s every counter-flow
created by the oar
when the oarsman wanted to steer his thin canoe
rhythmically into the mirror image
where no increase
of speed is possible
in the frozen position
of the camera lens
(From: wat die water onthou, 2010: Protea Boekhuis)
(Tr. by Charl JF Cilliers)
*
Quartz, a stone as old
as the earth, even older: passed down
from a time before time was formed
and all was water, even older: forgotten
in the scanning of stone
with something in its heart that flows,
like water, though older: spirit.
(From: wat die water onthou, 2010: Protea Boekhuis)
(Tr. by Charl JF Cilliers)